Haweskoonmaakaksie

Haweskoonmaakaksie haal Wêreldkalender

OUTREACH

Die Kogelberg Biosfeerreservaatmaatskappy het op 4 Junie 2016 betrokke geraak by ‘n haweskoonmaakprojek, wat deur Kleinmond Integrated Fishing Forum (KIFF) gereël is en aansluiting by twee Wêrelddae gevind het – Wêreldomgewingsdag op Sondag 5 Junie en Wêreldoseanedag op 8 Junie. Die aktiwiteit het nie net goed afgeloop nie, maar ook die internasionale World Oceans Day-kalender gehaal. Ek kon by die afskop van die dag met die deelnemers praat oor die Kogelberg en met hulle my ervaring by die Chelsea-blommeskou deel.

Ons het Glass Art van Botrivier by die dag geleentheid gegee om hul werk aan die publiek bekend te stel. Dit was ook lekker om met die Kleinmond Toerismeburo en Kleinmond Linx, wat hulle toespits om kreatiwiteit onder die jeug te bevorder, saam te werk. Sowat veertig kinders is by die geleentheid verwag en byna 90 het opgedaag!

Bamboesina van der Zee

Bamboesina van der Zee (Hermien de Vos)

Bamboesina van der Zee (Hermien de Vos) het vir hulle gewys hoe om opdrifsels in kuns te omskep en ongelooflike skeppings het daarna die lig gesien. KIFF beplan om op die sukses van die dag voort te bou en ‘n hawefees is glo in die pyplyn.

366 Total Views   2 View(s) Today
  Vol 3, Issue 3 – November 2016
  , , , .