Dr Philip Fourie, Eunice Jurgens en Rey Liebenberg bespreek omgewingsake

Omgewingsake kry aandag by Kogelberg-forum

OUTREACH

Dr Philip Fourie, Eunice Jurgens en Rey Liebenberg

Dr Philip Fourie, Eunice Jurgens en Rey Liebenberg

Omgewingsake bespreek

Die vierde forumbyeenkoms van die Kogelberg-biosfeerreservaat wat op Woensdag 18 Mei 2016 by die Mtimkhulu Village op Kleinmond gehou is, het weereens goeie belangstelling gelok. Mense is bewus gemaak van die groot verskeidenheid van geleenthede wat in hierdie gebied vir natuur- en veldblomliefhebbers bestaan.

Die twee sprekers wat opgetree het, was Eunice Jurgens, omgewingsopvoedkundige beampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) wat by Harold Porter Botaniese Tuin op Bettysbaai gestasioneer is, en Rey Liebenberg,voorsitter van die Kleinmondse Natuurbewaringsvereniging. Dr Philip Fourie, ondervoorsitter van die Kogelberg-biosfeerreservaatmaatskappy, was tevrede met die sukses van die byeenkoms en het gesê die doel daarvan is om rolspelers en belangstellendes byeen te bring om idees te genereer, duplisering uit te skakel en geleenthede vir samewerking te identifiseer.

363 Total Views   1 View(s) Today
  Vol 3, Issue 3 – November 2016
  , , , , .